Mens kan nie altyd hierdie sad hartseer stories vertel nie.
Daarom is die tema van vandag “mans” vir ‘n bietjie humor.
Is dit net ek of sit ‘n
klomp couples tans vas met hul wederhelftes? Dis asof daar ontug in die lug is,
of ietsie verdags in die drinkwater. En wanneer ‘n man nie gelukkig is met sy
wederhelfte nie, is daar duidelike tekens daarvan.
Die een man wat ek ken, kan nie genoeg die woord “OK” sê
nie. Soos wat sy vrou hom opwen, word sy
OK’s vinniger en hoër. Dit klink soos ‘n music box met ‘n draaiende ballerina, ‘n moontlike Justin
Bieber treffer “I’m ok, you’re not ok.” Die teorie waarop hy sy argument wil
wen is dus: “Dit is hoe hierdie gaan gebeur en klaar.” Die word “OK” is die
koninklike seël daarvan.
Ek praat nie sommer uit die huis uit nie, maar my man het weer
die gebruik om my te laat verstaan dat ek eintlik niks verstaan nie. Sinne soos:
“Wat jy nie WIL verstaan nie…” feature gereeld, veral as hy moertoe moeg gewerk
is. Ja, ja, vrouens “weet” mos watter knoppies
om te druk. So aspris van ons om botweg te weier om ons verstand
te gebruik. Die onreg hiervan om my dinkertjie aan te skakel is vir hom net so sleg
soos vetvrye kos, te min geld vir ‘n laaste dop of te oordeel aan sy
histerie: strafbare man-slag. My man
se teorie om ‘n argument te wen is dus: “Jy is dom, gaan weg.”
‘n Ander vriend van my klink soos ‘n rugby-toeskouer wat kyk
hoe sy span amper niks gedoen het om ‘n drie te keer nie. “Vrou….vrou….vrou-vrou-vrou-vrouvrouvrooooouuuuu!!!!!
Let wel, my vriendin kan op hierdie stadium van die geveg nie aflei wat sy
verkeerd gedoen het nie. Haar man nie. My vriend se
teorie hoe om sy argument te wen is dus: “Wys haar jy’s kwaad, want sy weet
prrrre-sies wat sy verkeerd gedoen het.”
Ook wat verder ongelooflik fassinerend is, is ‘n man se body
language wanneer hulle in hul “ander tyd” is. Party turn, turn, dip en quick-step,
quick-step, turn, turn, dip en draai. Ander “bang” hul koppe ritmies teen
‘n muur om visueel te wys dat hierdie beweging selfs lekkerder is as om met ‘n
vrou te stry. Sommige mans praat met hulleself en maak selfs die gesprek klaar, maar laat jou daar ook nie toe om 'n kans te kry om te praat nie. Daar is hulle wat ook behendig is met handgebare.
Die verskil is net dat sy vingertaal in LARGE
PRINT wys: “NEEEEE….FO-HOK…..JOOOOOOU!!!!!” Ja, daai groot print. 'n Tagtigjarige kan dit gemaklik van 300m af lees.
Dis natuurlik in sterk kontras met vrouens, want soos ek die
storie verstaan – as ‘n vrou die hoppende fok in is (maar soos in blind van
woede) (pssssst - die ladies, nie die
terte nie) raak alles net dunner: lippe,
oë op skrefies, stiller, selfs haar stem word piepklein. Sy’s maar net besig om
te konsentreer en te mik broer. Soos ‘n cowboy. Sy wil kyk waar sy die volgende
knoppie gaan druk. Mos.
Mans word egter swak wanneer hul vrou ‘n regte egte Sarie Suurtiet word na
afloop van sy ontevredenheids-aanbieding. Haar woordkeuses soos “Dis fine”, “Ag maar ok”, “nou maar doen
dit dan” is bloot verbale uitlatings van skok omdat meneer tekere gegaan het soos
dié Boggom van die Kruger Wildtuin. Dit is nie ‘n vorm van goedkeuring, op
dieselfde bladsy aanmeld of eers remotely
“ek sien jou punt in”-vibes nie. Moet
nooit die dualistiese betekenis van die word fine onderskat nie. Sien dit eerder as ‘n uitdaging met epiese
nagevolge.
Ons is seergemaak, gekrenk en gecharge met revenge wanneer
mans hul ontevredeneheid so duidelik uitdruk. 'n Vrou sal jou terugkry. Al is dit op hoe ‘n
klein skaal, maar sy gaan jou nail.
Sy gaan vergeet om jou onderbroeke vir ‘n week te was , of al
jou vuilgoed wat jy orals los, netjies in jou kas pak en voorop die kasdeur skryf
“NUWE ASBLIK”. Sy kan vir jou knoffel tussen die nuwe slaaiblare op jou extra
lean lunch-toebroodjie smeer en jy daarna met ‘n mondvol breath-mints jou baas
moet toespreek. Sy kan jou bankkaart byna verwoes en tegelyke tyd jou telefoonrekening sky
high bel agter haar ma aan. Sy kan die mooiste hemp koop wat net-net ‘n size te klein
is en jou maag so laat afshw laat dit lyk soos 'n double garage vir 'n Mini Coupe.
Sy kan jou in detail bespreek met haar vriendinne. Hier moet
ek tog ‘n pouse neem en die mans in die oë kyk…Menere. Dit sluit details van seks
en die aan/afwesigheid daarvan baie beslis in. En terloops, terwyl sy so kla
oor jou lyk sy outomaties soos ‘n saint
om met jou as brombeer opgeskeep te sit.
Of… sy… kan… net… sulk...
This is enough to drive you over the cliff while smiling. Horrible death by choice
and loving it! Ek weet ek het my man vierkantig moeg vir my gehad oor al die knoppies wat ek soos ‘n switch-bitch geoperate het die laaste ruk. Nommer hoeveelste jammer asseblief? Dit was maar net oor ek hom so min gesien het. Nagging en verlange is nie ver van mekaar af nie al voel dit nie so nie. Inteendeel, nagging en verlange is eintlik aangetroude familie van mekaar. Gelukkig sukkel ons om lank kwaad te wees vir mekaar. Nee ons raak te vinnig verveeld met ‘n frons. And I do love my brombeer, especially when he says “Kom ons gaan faks gou so bietjie.”
No comments:
Post a Comment