Die eerste keer het ek gaan staan en luister in my tuin. Dit
was my buurvrou aan die regterkant. Sy was sielsongelukkig. Ek kon dit hoor in
haar stem. Daar was verbasing, ontnugtering en woede. Die seer het jy eers
gehoor wanneer sy voor haar orreltjie gaan sit en opgeruimde christelike
liedjies probeer speel het. Loof Hom met
die tromme met ‘n effense drag and
blues approach.
Toe slaan my kind haar bal oor ons muur in haar jaart in.
Ons het vlugtig ontmoet. Tannie Orreltjie was baie vriendelik en hulpvaardig
met die standaard cliché belofte om te koffie as new neighbours do. Daarna was
haar ongelukkigheid meer gereeld tot dit later geswel het na ‘n daaglikse crescendo
van verwyte. Nou wag Klaratjie maar, want die goed kom mos oop en bloot
aangestap. Elke dag is ‘n “Dag vir die nuuskieriges” (Met fyn apologie aan P G
Du Plessis).
Dit was seker ‘n maand daarna toe ek haar bewerige stem my
naam hoor roep oor daardie selfde muur.
“Gee ek om? Kan ek asseblief net vinnig by haar ‘n koffie
kom drink. Sy het nou dringend iemand nodig.” Voor jy kon sê Flash ahaaaaa! was Klara daar in alle besorgdheid.
Nee sy is bitter en alleen en bitter alleen. Tannie Orreltjie en Oom Nee staan op skei. Yes
I know this crime scene. Now to establish motive.
Oom Nee word so genoem omdat jy kan sien hy wil eintlik
vuurwarm seks novels skryf, maar sy gesig dit nie toelaat nie en dus werk hy
vir die poskantoor al vir vyf en twintig jaar. En hy haat elke oomblik daarvan.
En sy standaard antwoord vir enige iets is “nee”.
Oom Nee het in ontevredenheid verval met Tannie Orreltjie.
Jy weet, sy was eens op ‘n tyd geweldig losbandig. Ja, mens sal dit nooit sê as
jy vandag na haar kyk nie, né. (Ek raak altyd senuweeagtig as mense die woord “losbandig”
gebruik, want wat mense as losbandig beskou, het ek altyd gesien as ‘n tyd waar
jy alles beproef en die goeie behou. Met ander woorde – ‘n lekker tyd!)
Maar dis nou waar die probleem inkom. Oom Nee is steeds
losbandig. Die Here het haar vry gemaak, maar hoe meer sy vir Oom Nee bid, hoe
meer skop hy daarteen. Daar’s ‘n demoon in die lug. Sy kan dit ruik. (Die
demone kry ook altyd die skuld vir onverklaarbare liefdeloosheid.)Nou is alles flenters. Hulle was van bed en tafel geskei, maar hy het eergister finaal sy Ford gevat en gery. Ek verstaan nou hoekom Bly by my Heer dus onophoudelik gespeel was met ‘n death metal approach.
Tannie Orreltjie huil terwyl sy Oom Nee se hondjie vryf wat hy daar vergeet het. Ja sy was nie sterk
genoeg nie. Sy het hom gevloek en vervloek. Sy weet klank trek ver oor mure.
Sy kry sommer baie skaam. Maar hy het ook die vieslikste goed vir haar gesê…soos hy hoop ‘n spul swart
mans kom en rape haar. (Christelike rassiste wat mekaar dreig met violence gaan
my verstand te bowe! Like really, you can’t have both.)
Hulle was vir drie en twintig jaar lank getroud. Hulle het
twee seuns. Die een het ‘n hoërskool meisietjie pregnant gemaak. Sy kan hom nie
oordeel daaroor nie. Sy was immers ‘n swak voorbeeld vir hom. Die mooiste
kleinkind, maar nou wil die meisiekind ook skielik niks met die first-time ouma
te make hê nie. Sy vermoed dis oorlat Oom Nee vir dié meisiekind se single ma begin
ogies maak het. Of dis dalk maar hoe dié vrouens maar is. (Oom Nee klink vir my baie georganiseerd, keeping things tight
and in the family.)
Die ander seun worship die Here. Hy is self diep seergemaak
oor sy pa se onwelvoeglike lewe, maar reken as dit die enigste manier is vir
vrede dan moet mamma en pappa skei.
‘n Week later kry ek haar in die winkel. Oom Nee se Ford was
ten minste twee keer daar gewees wat ek gesien het. En die orreltjie was
stiller. Is die oom nou terug? Het hy tot inkering of bekering gekom? Was daar ‘n wonderwerk gewees? Nee lag tannie Orreltjie. Oom Nee is maar moeilik as dit kom by sy klere. Die vrou by wie hy bly stryk nie sy broeke reg nie. Hy kom haal maar net elke keer sy wasgoed.
Ek dog ek verloor my estrogeen-inhoud net daar. Wat?! Jy was steeds sy wasgoed al is julle prokureurs besig om te praat met mekaar? Watter gedeelte verstaan ek nie? Die feminis in my is hyperventilating!
Sy kry hom jammer. Hy lyk verwaarloos. Sy’t reguit vir hom
gesê hy stink, want hy doen. Hy’t dit nie goed gevat nie en is met sy gestrykte
klere in ‘n verfrommelde bondel en 'n "fok jou " oor sy skouer glo daar weg. Die ander vrou pas hom nie goed
op nie. Sy weet nou hy gaan dit nie maak nie. En daarin het sy berusting
gevind. Die Here is baie goed vir haar.
Dis die weirdste goed waaraan ons vasklou wanneer ‘n hart breek.
Solank Oom Nee soos 'n boemelaar lyk, voel tannie Orreltjie of sy die lewe nog in die
oë kan kyk. Asof die liefde nie genoeg van sy eie suffering en opofferings
veroorsaak nie, is die suffering van die verbrokkeling daarvan meer belangrik
om sodoende ‘n pleister te plak en aan te beweeg vir haar. Hoe verkak kan die lewe nie somtyds wees nie?
Toemaar. Retories.
No comments:
Post a Comment