Ek sien die
foto op facebook gister- dis 'n prentjie van 'n verjaarsdagkoek wat 'n vrou vir
haar man gebak het. Bo- op die koek staan in icing sugar geskryf : "It's 10:30. I'm tired. Here's your
cake." Dis kaksnaaks. Veral as jy net-net lank genoeg saam was om te besef
dat jy "at least 'n freakin koek gebak het". Somtyds wil jy net hê jou partner-in-life besef jou moeite, want die Here weet: die liefde toets als en behou die teenwoordigheid
van gees om die middelvinger met icing sugar te versier. Daai is eintlik
genuine liefde so week voor opmaak-tyd, daai verjaardagkoek.
Maar moenie die koekbak-vrou verwar met Mev Botox-Von-Lippe nie. Jinne het sy my nou nuuskierig gehad. Nee, hierdie vrou weet nie van koekbak nie. Dis ver benede haar. Hierdie vrou praat in staccato. En eerlikwaar, vir my is haar gesig soos my SARS tax-aanslag sou jy iets daaruit wou probeer lees of verstaan: Happy, geskok, kwaad, gedetermineerd...elke statement lyk dieselle. I didn't get one of them right. Nes ek dink sy's geskok, dan's sy eintlik sarkasties. Nes ek dink sy hartseer, het sy eintlik 'n warm atmosfeer probeer skep... op... 'n stylvolle... wyse. En dan wonder jy weer...shit, daai stop-start-praat van haar, was sy nou sarkasties of diep? Maar die mees dramatiese moment is wanneer sy wysheid uitdeel. Sy kykaltyd ver oor die horison en raak in haar moer in liries verlief oor haar verligte denke.
Dit komende van die vrou met die algemene kennis van Barney the purple dinosaur. Nee ek's nie lelik nie. Ek werk net met feite hier.
Daar is wel tye wanneer dit seer maak.
Make no mistake. Mev Bottox-Von-Lippe is beeldskoon, fyn versorgd, royalty-par-amper-daar. Seriously. Ryk (al voel sy die ekonomie ook sedert almal daaroor praat), suksesvol (nee sy't spending down like a motherfucker) en ekstaties van geluk (nee regtig...daai smile gaan nou enige oomblik deur die botox beur asook die feit dat elke apteker haar persoonlik goed ken).
Dis. Wanneer. Dit. Seermaak.
Wanneer sy opkyk van haar tafel af. En sy sien jou.
"O Klara. Hallo. Dis. Wonderlik. Om jou te sien" en jy weet dit is nie.
Ek het nooit besef sy het sulke mooi groen oë nie. Werklik buitengewoon-gras-net-na-dit- gereën-het-nat-groen-oë. Daar is nie 'n ander manier om dit
te beskryf nie.
Hulle het saam aan alles begin werk destyds. Soos kinders tot laat in die nag hul besigheid op die been gebring. En toe kom haar eerste kind. En ander mense het dit so maklik laat lyk om kind groot te maak en ‘n suksesvolle besigheid te hê. En toe is die eerste kind siek. En toe is die siekte ongeneesbaar en laat hom blind. En toe kom die tweede kind. Perfek darem, maar steeds nog iets wat haar aandag verg en liefde soek terwyl sukses net bly instroom het. Sy wou dinge om haar mooi maak, haar weelde begin geniet, maar kinders het ‘n manier om jou in jou pajamas te hou nog teen drie uur die middag. En toe begin haar man se oog te dwaal. Hy het tyd gehad om sy rykdom saam met vriende te skink en te klink en mooi vroue met mooi lywe en mooi rokke en blink jewelry was altyd naby. Altyd iemand se vrou. Altyd een van haar vriendinne. Sy het een aand met oorgawe kombuis toe gestorm voor sy verjaarsdag en ‘n koek uit ‘n boek geweeg en gemeng om koud voor haar super deluxe gasstoof te staan te kom. Sy’t nie ‘n clue gehad hoe om dit aan te skakel nie. Die droë bestandele het in die asblik opge-eindig en dit was haar laaste poging ooit. Soos alles om haar meer geword het, het alles binne in haar in kort asempies begin werk. Sy het nannies aangestel vir die kinders sodat sy haar man kon oppas. Maar toe raak die kinders lief vir die nannies. Al wat sy oorgehad het was die verenigde front van prentjie-geluk en die waarde van elke item in haar huis. Hy kyk altyd diep in haar oë voor ander mense, hou haar vas, soen haar hand. Die kinders gee spontaan drukkies en noem haar “mamma” na ‘n pep-talk met die nuutste nanny. Haar vriendinne dra stil-stil duur geskenkies tydens tee-kuiertjies aan in absolute awe of her. Haar krag. Haar posisie in die gemeenskap. ‘n Ystervrou wat alles het. Haar asemhaling nog vlakker. Soos stuiptrekkings. Die ontnugtering ver weggesteek agter haar groen oë. Weelde skep nie lewe nie, net klakkelose geselskap van oppervlakkige vieringe oor dit wat mens as suskes sal beskou. Om dit aand na aand te vier, is uitputtend. Dis ‘n doodsvonnis. Dit was te laat om om te draai. Kinders word so vinnig groot.
Maar moenie die koekbak-vrou verwar met Mev Botox-Von-Lippe nie. Jinne het sy my nou nuuskierig gehad. Nee, hierdie vrou weet nie van koekbak nie. Dis ver benede haar. Hierdie vrou praat in staccato. En eerlikwaar, vir my is haar gesig soos my SARS tax-aanslag sou jy iets daaruit wou probeer lees of verstaan: Happy, geskok, kwaad, gedetermineerd...elke statement lyk dieselle. I didn't get one of them right. Nes ek dink sy's geskok, dan's sy eintlik sarkasties. Nes ek dink sy hartseer, het sy eintlik 'n warm atmosfeer probeer skep... op... 'n stylvolle... wyse. En dan wonder jy weer...shit, daai stop-start-praat van haar, was sy nou sarkasties of diep? Maar die mees dramatiese moment is wanneer sy wysheid uitdeel. Sy kykaltyd ver oor die horison en raak in haar moer in liries verlief oor haar verligte denke.
Dit komende van die vrou met die algemene kennis van Barney the purple dinosaur. Nee ek's nie lelik nie. Ek werk net met feite hier.
Daar is wel tye wanneer dit seer maak.
Make no mistake. Mev Bottox-Von-Lippe is beeldskoon, fyn versorgd, royalty-par-amper-daar. Seriously. Ryk (al voel sy die ekonomie ook sedert almal daaroor praat), suksesvol (nee sy't spending down like a motherfucker) en ekstaties van geluk (nee regtig...daai smile gaan nou enige oomblik deur die botox beur asook die feit dat elke apteker haar persoonlik goed ken).
Dis. Wanneer. Dit. Seermaak.
Wanneer sy opkyk van haar tafel af. En sy sien jou.
"O Klara. Hallo. Dis. Wonderlik. Om jou te sien" en jy weet dit is nie.
Ek het nooit besef sy het sulke mooi groen oë nie. Werklik buitengewoon-gras-net-na-dit-
Hulle het saam aan alles begin werk destyds. Soos kinders tot laat in die nag hul besigheid op die been gebring. En toe kom haar eerste kind. En ander mense het dit so maklik laat lyk om kind groot te maak en ‘n suksesvolle besigheid te hê. En toe is die eerste kind siek. En toe is die siekte ongeneesbaar en laat hom blind. En toe kom die tweede kind. Perfek darem, maar steeds nog iets wat haar aandag verg en liefde soek terwyl sukses net bly instroom het. Sy wou dinge om haar mooi maak, haar weelde begin geniet, maar kinders het ‘n manier om jou in jou pajamas te hou nog teen drie uur die middag. En toe begin haar man se oog te dwaal. Hy het tyd gehad om sy rykdom saam met vriende te skink en te klink en mooi vroue met mooi lywe en mooi rokke en blink jewelry was altyd naby. Altyd iemand se vrou. Altyd een van haar vriendinne. Sy het een aand met oorgawe kombuis toe gestorm voor sy verjaarsdag en ‘n koek uit ‘n boek geweeg en gemeng om koud voor haar super deluxe gasstoof te staan te kom. Sy’t nie ‘n clue gehad hoe om dit aan te skakel nie. Die droë bestandele het in die asblik opge-eindig en dit was haar laaste poging ooit. Soos alles om haar meer geword het, het alles binne in haar in kort asempies begin werk. Sy het nannies aangestel vir die kinders sodat sy haar man kon oppas. Maar toe raak die kinders lief vir die nannies. Al wat sy oorgehad het was die verenigde front van prentjie-geluk en die waarde van elke item in haar huis. Hy kyk altyd diep in haar oë voor ander mense, hou haar vas, soen haar hand. Die kinders gee spontaan drukkies en noem haar “mamma” na ‘n pep-talk met die nuutste nanny. Haar vriendinne dra stil-stil duur geskenkies tydens tee-kuiertjies aan in absolute awe of her. Haar krag. Haar posisie in die gemeenskap. ‘n Ystervrou wat alles het. Haar asemhaling nog vlakker. Soos stuiptrekkings. Die ontnugtering ver weggesteek agter haar groen oë. Weelde skep nie lewe nie, net klakkelose geselskap van oppervlakkige vieringe oor dit wat mens as suskes sal beskou. Om dit aand na aand te vier, is uitputtend. Dis ‘n doodsvonnis. Dit was te laat om om te draai. Kinders word so vinnig groot.
"Jy weet," sê sy, terwyl haar bediende ons frans- ingevoerde- filter-koffie tussen ons op die tafel plaas. "My vriendin het haar seun aan die dood afgestaan onlangs. Ek het. Vir haar gesê. Sy. Moet. Sterk wees.
En toe tuur sy oor die horison. En toe sien ek hoe sy nog 'n kort asempie vat.
No comments:
Post a Comment