Tanja stap altyd soos ’n
ballerina wanneer sy beneuk is. Rug regop, voete plat en skuins en lyk altyd
reg vir ’n plié.
Sy was immers twaalf
jaar terug ’n ballerina gewees. Dis waar sy haar man ontmoet het. Freddie het
die beligting gedoen vir hulle show. Dit was sewe jaar terug. Die director moes
daardie eerste paar weke sy “beligter” omtrent uittrap soos hy die hele tyd die
kollig op haar gehou het in stede van die ster van die show.
Dit was glo alles aan
haar wat lank was. Haar hare, haar bene, haar vingers, haar neklyn. Alles aan
haar was lank en soepel. En ou Freddie was versot op sy dans-ballerina.
Maar sedert Freddie ’n
paar probleme in sy lewe beleef het, het
sy fokus verskuif. Toe sien hy net alles wat kort is raak. Sy kort humeur, sy
kortstondige tye van geluk voordat nog ’n probleem hom onkant gevang het.
Tanja het begin gatvol
raak daarvoor. Ek het haar punt ingesien. Dis geweldig frustrerend wanneer al
die mans in die dorp kwyl terwyl jou eie man droëbek sit en staar in die niet in.
Maar Vrydagoggend stap
Tanja platvoet, regop rug by die koffieshop in en die split in haar rok is byna
by haar naeltjie.
“Is jy nie bietjie
overdressed nie Tanja,” wil ek dadelik weet.
“Nie vir die doel van
haar plan nie.”
Tanja verduidelik toe
in detail hoe sy ’n master-plan nou bymekaargesit het en vir Freddie op terme
geplaas het. Haar lys van demands is opgestel volgens sy ouderdom en haar behoeftes,
die goue middeweg vir seks en raaksien.
Indien Freddie nie
gehoor wil gee daaraan nie, sal sy maar begin rondkyk vir iemand wat haar wil
waardeer.
“Nee, ek sal natuurlik
hom nie verneuk nie. Ek’s te lief vir die ou fokker, maar what the Tsjaikovsky
is fokkin fout met hom?! Ek gaan nie vir ewig rondhang en hoop hy sien my raak
en waardeer alles wat ek vir hom doen nie. Dis mos totaal en al gevrek. Wat my boonop
frustreer is hoe langer hy my miskyk, hoe meer kom daar iets uit my uit wat ek
nog nooit vantevore bewus was nie. Ek sweer daar’s spaanse en Italiaanse bloed
in my lyf. Hoe nader ek aan 40 beweeg,
hoe meer lus is ek vir die lewe en passie. Alles is passie deesdae. Eet, drink,
musiek, selfs brood-sny doen sy met ‘’n heup-beweging en dan kyk sy na Freddie
en al wat jy hoor is kriek-kriek-kriek!”
Ek moes Tanja eers
kans gee om asem te haal soos wat sy passievol verduidelik en kla oor haar
woestyn-dorre-verlate-droëbek-Freddie.
Dis toe wat ek besef
wat Tanja besig is om te doen. Sy veg. Sy’t nie gaan sit en kwyn en wag om
raakgesien te word nie. En as dit dan nou maar ’n paar kwylende mans vat om
haar man se alarm te trigger, dan moet dit nou maar so wees. She’s feisty, that’s
all. And she’s doing it in a fun way, alhoewel ek dink dis uiters blerrie
gevaarlik. ’n Man se kliere is van Mars af. Onthou dit altyd. En dis dikwels
nog te alien vir my om te verstaan.
Ek het Tanja se
voorbeeld gevolg en my kortste mini aangetrek vir ons Saterdagmiddag-braai. Ek
moet sê my man het nie geweet waar om te kyk met al hierdie ekstra stukkies
bene voor die slaaibak nie. Dit het beslis ’n spark veroorsaak en ons moes die
swart van die vleis afkrap later. Ek het gister vir Freddie gesien. Hy was maar
redelik dikbek gewees.
Die storie loop wyd oor hoe Tanja die lamppaal beetgekry
het Saterdagaand by die kroeg. Sy’t glo soos ’n serp haarself gedrapeer terwyl
sy I drove all night gesing en gehuil
het. Tanja is Sondag vir ’n week na haar ma toe. Miskien het ’n man somtyds
afstand nodig, eerder as die attack van lang wit bene om agter te kom wat hy
verloor het, maar ek’s moer lus en gee hom ’n torch om weer lig op die
onderwerp te skyn. Fokkit Freddie, it’s not math boytjie!
No comments:
Post a Comment