Dit kan enige plek of
tyd gebeur. Soms het jy beheer daaroor, ander kere is jy onkant betrap. Ek sien
dit op skole se sportvelde. Ek sien dit wanneer mense hulle pos kry en sekere
vensterkoeverte oopmaak. Ek sien dit elke Saterdag wanneer groot volwasse mans
na die TV staar en hul spanne speel. Soms as jy lucky is, kan jy dit sien
tussen twee mense in ’n onbewaakte oomblik. Dan dank jy die universe vir die
vlieg-teen-die-muur-oomblik.
’n Paar jaar terug het
ek uit ’n winkelsentrum gestap. Ek moes verby ’n restaurant se tafels loop na
my kar toe. Die vrou het haar sigaret net aangesteek gehad en gestaar na die
man oorkant haar. Hy’t haar in die oë gekyk en gesê: “Dit gaan nie werk nie.
Dis verby”. En toe gebeur dit. Sy’t haar asem ingetrek en opgehou. Sy moes dit
sometime uitgeblaas het lank reeds nadat ek my kar se deur oopgemaak het.
Soms is dit moeilik om
iets wat voor jou afspeel met woorde vas te vat.
Dis soos die
millisekonde net voor jou selfoon lui. Die skerm word effens dowwer in jou hand
en jy weet iets gaan nou gebeur. Bank, vriend of verkeerde nommer? Of soos die
vrou wat na haar slaapkamer stap en sy weet haar man was laaste daar. Tergende
vrae soos of die bed opgemaak is en of sy klere weer die wêreld vol lê op die
vloer sorg vir jou asem om warm in jou maag rond te hang tot daar ’n resultaat
sigbaar is. Dis gewoonlik soos jy dit verwag.
Ek het presies so
gevoel toe ek die titel die eerste keer gesien het op die TV-skerm…Being
Mandela…
Eers het ek gedink – Nee,
kan dit wees? Is dit wat ek dink? En toe die resultaat…Jip dit is wat ek gedink
het…en toe word dit erger as wat ek verwag het. Een moerse disgusting teleurstelling. Ek sal selfs so ver gaan om dit walglik
te noem. Klomp ryk meisiekinders met ’n belangrike van wat hul lywe Kardashian
hou en hul neuse optrek vir goed wat ’n arm man sal hemel toe stuur.
Om dit selfs as utterly fucked up te file is nie genoeg nie. Degrading, onrusbarend, onvanpas of
selfs so eenvoudig soos stupid vat
dit ook nie geheel en al vas nie. Sien, selfs die kakste goed in die lewe kan
mens nie altyd behoorlik in swart woorde op ’n wit papier uitdruk nie.
En toe kom die nuus deur.
Madiba is weer in die hospitaal en dinge lyk nie goed nie. Sensasionele
hoofopskrifte uitgedink deur ’n sadis skree teen die lamppale: “Berei jou voor op
die ergste.”
Jy vang jouself weereens
verslaaf aan Twitter en Facebook vir enige brokkie nuus. Jy kry ’n private message van een van jou pelle in
Kaapstad “Dude, daar was nou net ’n twenty
one gun salute. Beteken dit…?” En dan sê iemand op Twitter ’n uur later: “Dis
net die president van Sudan wat opgedaag het.” En jy blaas weer jou asem stadig
uit.
Dan begin nagging gedagtes jou asem opvreet – Sê
nou die regering besluit om dit eers stil te hou om al hul varkies bymekaar te
kry vir die media-malheid wat reeds begin het? Sê nou daar’s nog iets wat hulle
nie wil sê nie. Hei, ek’s nie die een wat ’n wet goedgekeur het om sekere goed
stil te hou nie. Ek trust nie ’n ou
wat ’n huis bou sonder om my te vra of hy my geld kan gebruik daarvoor nie. Nog
minder ’n ou wat dink jy kan AIDS afwas in ’n stort soos Kallis in ’n Sanex
advertensie. Die ou het meer vrouens as ure wat hy werk in ’n dag. (En presies
die rede hoekom ek nie daarvan hou om politiese uitlatings te maak nie, want ek
sê dit as ’n burger van die goeie ou RSA en nie die whitey wat moan met ’n brood
onder haar arm en slogans op haar t-shirt wat reken apartheid kan nie meer
geblame word nie. Ek is gatvol vir
ouens wat nie hulle werk doen nie, maar die salaristjek and some huis toe vat sonder ’n gewete. There, I’ve said it. Moving on.)
Maar die ding wat my
die laaste paar dae my asem ophou is om Madiba te groet. Ek raak kort-kort
ontsteld aan die gedagte. Die pad wat hy gestap het, is massief. Dit kon soveel
anders gewees het as hy soos ’n normal
human being alles om hom geblame
het of met oogklappe die leisels oorgeneem het. ’n Houding ingeslaan om eers Mauritius
toe te gaan vir ’n bietjie R&R nadat hy uit die tronk gekom het. Die man
het ’n visie gehad desondanks sy omstandighede of die graad van ondenkbaarheid
om te bereik wat hy bereik het. I mean
honestly, om die rugby World cup
te gebruik het om ’n land se mense een stem te maak, was insane en genius.
“Remember to breathe.
It is after all, the secret of life.” ― Gregory
Maguire, A Lion Among Men. Ek stem
nie saam nie. Somtyds gebeur die lewe juis wanneer jy jou asem ophou. En tans
hou almal hulle asem op oor Madiba se laaste dae. Jy’s nie net deel van ‘n
stukkie geskiedenis nie. Jy’s deel van iemand se pad wat diep spore gelos het
vir almal om te volg. Tot by die laaste tree. En dan bye te sê.
No comments:
Post a Comment